| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Dawid ontvang berig van die dood van Saul. 2 SAM 1:1 : EN ná die dood van Saul, toe Dawid terug was van die verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het, 2 SAM 1:2 : kom daar op die derde dag 'n man uit die leër, van Saul af, met geskeurde klere en Adamah[adamiet se Aarde] op sy hoof. En toe hy by Dawid kom, val hy op die Aarde en buig hom neer. 2 SAM 1:3 : En Dawid sê vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord hom: Ek het ontvlug uit die leër van JisraEl. 2 SAM 1:4 : Verder sê Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun JeHôWnathan is dood. 2 SAM 1:5 : En Dawid vra die jongman wat hom die boodskap gebring het: Hoe weet jy dat Saul en sy seun JeHôWnathan dood is? 2 SAM 1:6 : Daarop sê die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilbóa, en kyk, Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit; 2 SAM 1:7 : en hy het agter hom omgekyk en my gesien en my geroep, en ek het gesê: Hier is ek. 2 SAM 1:8 : Toe vra hy my: Wie is jy? En ek antwoord hom: Ek is 'n Amalekiet. 2 SAM 1:9 : Daarop sê hy vir my: Kom staan tog by my en maak my dood, omdat 'n duiseling my bevang het; want my siel is nog heeltemal in my. 2 SAM 1:10 : En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak, want ek het geweet dat hy ná sy val nie sou leef nie; en ek het die separatisme/kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en dit hier na my meester gebring. 2 SAM 1:11 : Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al die manne wat by hom was. 2 SAM 1:12 : En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun JeHôWnathan en oor die volk van JaHWeH en oor die huis van JisraEl, omdat hulle deur die swaard geval het. 2 SAM 1:13 : Verder sê Dawid aan die jongman wat hom die boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van 'n uitlandse man, 'n Amalekiet. 2 SAM 1:14 : En Dawid sê vir hom: Hoe? Jy was nie bevrees om jou hand uit te steek om die gesalfde van JaHWeH om te bring nie? 2 SAM 1:15 : Daarop roep Dawid een van die jongmanne en sê: Kom nader, val op hom aan! En dié het hom neergeslaan, dat hy gesterf het. 2 SAM 1:16 : En Dawid het vir hom gesê: Jou bloed is op jou hoof, want jou mond getuig teen jou, omdat jy sê: Ek het die gesalfde van JaHWeH gedood. Klaaglied van Dawid oor Saul en JeHôWnathan. 2 SAM 1:17 : TOE het Dawid hierdie klaaglied aangehef oor Saul en oor sy seun JeHôWnathan, 2 SAM 1:18 : en hy het beveel om die kinders van JeHûWdah die Boog[lied] te leer; kyk, sy is geskrywe in die Boekrol van die Opregte. 2 SAM 1:19 : Die sieraad, o JisraEl - op jou hoogtes lê sy verslaan. Hoe het die dapperes geval! 2 SAM 1:20 : Vertel dit nie in Gat, verkondig dit nie op die strate van Askelon nie, sodat die dogters van die Filistyne hulle nie verheug, die dogters van die onbesnedenes nie jubel nie! 2 SAM 1:21 : Berge van Gilbóa, mag op julle geen dou en geen reën op die velde van hulle bydraes wees nie! Want daar is die skild van die dappere krygsmanne weggegooi, die skild van Saul, sonder dat dit met olie gesalf is. 2 SAM 1:22 : Sonder die bloed van die ge-sneuweldes, sonder die vet van die dapperes het die boog van JeHôWnathan nie agteruitgewyk en die swaard van Saul nie leeg teruggekeer nie. 2 SAM 1:23 : Saul en JeHôWnathan, die bemindes en lieflikes, is in hulle lewe en in hulle dood nie geskeie nie. Vinniger as arende was hulle, sterker as leeus. 2 SAM 1:24 : Dogters van JisraEl, ween oor Saul, wat julle weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op julle gewaad. 2 SAM 1:25 : Hoe het die dapperes geval diep in die geveg! JeHôWnathan lê verslaan op jou hoogtes. 2 SAM 1:26 : Ek is benoud om jou ontwil, my broer JeHôWnathan! Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue. 2 SAM 1:27 : Hoe het die dapperes geval en die oorlogswapens verlore gegaan! This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |